MARA SWANEPOEL - lost 26.4kg: "I feel alive again"

My naam is Mara Swanepoel en is 58 jaar oud. Ek weeg tans 133.7 Kg‘n Mens wat oor gewig is, pas nêrens in die samelewing nie. Ek kan nie by enige winkel in stap en klere koop nie.My liggaam het so groot geword dat ek moeilik gaan sit het, en weer opstaan was die moeilikste. Iemand moes my partykeer ophelp. My maag was so groot dat ek nie eens my eie toon naels kan knip nie. Ek het moeilikheid gehad om te slaap, dit het gevoel of ek versmoor. My voete en hande het verskriklik geswel. Ek het die meeste van die tyd by die huis met “slip ons” of pantoffels geloop. Ek was aanhoudend moeg en het glad nie lus gevoel vir enige iets nie.Ek het 14 weke begin – terug met die dieet. Het tot dusver 26.4Kg gewig verloor. Ek voel weer lewendig, lus vir also m my en om wee rte leef. Ek is baie gesonder as ooit te vore. Ek kan nie onthou wanneer laas ek so lekker geslaap het nie. My hande en voete is weer normal! Ek weet beslis een ding en dit is om nooit weer so “Oorgewig” te word nie. Ek voel soos ‘n ander mens!

CHRIS VAN EMMERNIS- "I feel good, sleep well and look better each day!"

Toe ek besef ek moet gewig verloor en my gesondheid verbeter was ek baie skepties om op ‘n dieet te gaan. Ek het geweet dat dit gaan behels dat ek my eetgewoontes moet verander en dit het ek geweet, sou baie moeilik wees. Ek het egter net besef dat my hoë bloeddruk en hoë oorgerfte cholesterol vlakke my ‘n uitstekende kandidaat vir ‘n hartaanval of beroerte maak. Ek is net te jonk om nou my vrou en kinders te los. Ek het toe maar besluit om by Body Inc aan te sluit en te kyk of dit gaan werk. Weer eens was ek baie skepties. Met ‘n bietjie deursettingsvermoë en ondersteuning van my gesin, het ek begin. Na die eerste week to ek amper 5Kg verloor het, het ek begin dink, “miskien werk dit vir my”.Nou na 10 weke, is ek steeds sterk aan die gang en ek is gewoond aan die lewensstyl verandering. Ek voel goed, slaap goed en bowenal begin beter en beter lyk elke dag.
Albert van der Walt Santa Snyman Dawie Germishuizen Lize Neethling Olga Ferreira